Netbal
Ons het 10 netbalspanne, wat ons dogters ‘n regverdige speel geleentheid gee. Daar is in 2016 splinternuwe netbalbane gebou naby die hokkie- en rugbyvelde. Dr. Elsje Jordaan, ‘n voormalige Protea netbalspeler en hulp afrigter van die Protea netbalspan, Fireballs en verskeie ander spanne kom jaarliks om vir al ons netbaldogters ‘n leersame netbalkursus aan te bied.
1ste-netbalspan 2020
Dehandri Thoms, Tenika Perdo, Devonique Breedt, Chiane Visagie, Liesl Pio, Elisma Pio (kaptein), Nicola van der Merwe, Vaughne Pretorius, Wjanik Beneke en Megan Engelbrecht.
Afrigter: Me. Suzanne Tiedt.
Organiseerder: Me. Chanéy Lindner.
Riebeeckrand se 1ste-netbalspan word met trots geborg deur TCS en Mapogo A Mathamaga Randfontein.
2020 Prestasies
9 netbaldogters in die D2-netbalspan opgeneem waarvan 3 dogters verder deurgedring het, en nou deel vorm van die JOMO-span. Dié 3 dogters, Amokelang Mosidi, Jannike Fourie en Devonique Breedt, neem later die jaar aan die Gauteng proewe deel.
2019 Prestasies
Riebeeckrand wen die trofee as die beste netbalskool van die NWU 16-reeks! Vyf van Riebeeckrand se netbalspanne aan die finaal van die NWU 16-reeks deelgeneem waarvan vier spanne hul wedstryde gewen het. Twee van dié spanne het ook as die wenners van die NWU 16-reeks uitgetree.
6 Riebeeckranders is in die D2-netbalspan opgeneem. Dehandri Thoms (0/15), Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16), Melouise Mulder (0/19), Danielle Olivier (0/19) en Mantiki Makayi (0/19). Afwesig op die foto: Mantiki Makayi.
Riebeeckrand spog met drie netbaldogters, Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16) en Melouise Mulder (0/19), wat in die Gauteng oefengroep opgeneem is.
5 van ons netbaldogters,Melouise Mulder, Criske Hechter, Sharne Landman, Devonique Breedt en Elizma Pio, is uit 230 dogters gekies om na Malasië en Singapoer te toer.
2018 Prestasies
In die uitspele van die Puk-finaal is ons 1ste-netbalspan die wenners.
Ons spog graag met Danielle Malan wat in die 0/18 Gauteng netbalspan opgeneem is. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat sy tot die Gauteng netbalspan verkies is.
Met groot trots deel Riebeeckrand ook die nuus dat 8 dogters in die Gauteng oefengroep opgeneem is. Die dogters is: Devonique Breedt (0/15), Megan Engelbrecht (0/15), Nicola v.d. Merwe (0/15), Elisma Pio (0/16), Melouise Mulder (0/17), Eztia Saunders (0/16), Danielle Malan (0/18) en Surika Pretorius (0/18).
11 Riebeeckrand-netbaldogters is in die D2-netbalspan opgeneem. Chantey Zaayman (0/14), Blessing Mudarikwa (0/14), Megan Engelbrecht (0/15), Nicola v.d. Merwe (0/15), Devonique Breedt (0/15), Elisma Pio (0/16), Eztia Saunders (0/17), Mantiki Makayi (0/17), Melouise Mulder (0/17), Danielle Malan (0/18) en Surika Pretorius (0/18).
2017 Prestasies
Danielle Malan (0/17) en Chanel Engelbrecht (0/19) is in die Gauteng netbalspan opgeneem.
Die 0/18 Fast Five Netbalspan het 4de by die Gauteng Kampioenskappe geëindig. Dié top span het 9de uit 20 skole geëindig by die SA kampioenskappe. Riebeeckrand is baie trots op die dogters en hul afrigter me. Suzanne Tiedt. Die top span bestaan uit: Danielle Malan, Surika Pretorius, Danielle Olivier, Melouise Mulder, Sharné Landman, Elisma Pio, Eztia Saunders, Jessica Joubert, Mantiki Makayi en Chriske Hechter.
2016 Prestasies
Ons 1ste-netbalspan was die wenners van hul liga.
Danielle Malan is vir die tweede agtereenvolgende jaar tot die Gauteng netbalspan verkies.
Marilee van der Walt is in die 0/19-Gauteng Klubnetbalspan opgeneem.
Die "FAST 5" 1ste-netbalspan eindig 3de tydens die Gauteng kampioenskappe en 5de by die SA-kampioenskappe.
Al 5 die A-netbalspanne het deurgedring na die Jomo-liga uitspeel ronde.
Die 0/15- en 0/17-netbalspanne het deurgedring na die Gautengdag.
8 Riebeeckranders is deel van die D2-netbalspan.
2015 Prestasies
7 speelsters is opgeneem opgeneem in die Gauteng oefengroep: Michelle Mbova, Twanette Thoms, Anique Lubbe, Danelle Malan, Mantiki Makayi, Melouise Mulder en Estia Saunders.
Drie van ons dogters is in die Gauteng netbalspan opgeneem: Michelle Mbova 0/18, Danielle Malan 0/15 en Mantiki Makayi 0/14.
Riebeeckrand spog ook graag met me. Suzanne Tiedt wat ‘n afrigter vir een van die 0/18-Gauteng netbalspanne is.