Atletiek
Riebeeckrand bied 18 atletiek items aan vir hulle leerders. Daar word ook afrigting in elke item gebied. Ons personeel wat betrokke is by die atletiekafrigting het einde 2016 ‘n geakkrediteerde Atletiek Suid-Afrika kursus bygewoon waartydens hulle sertifikate ontvang het in hul onderskeide items.
2020 Prestasies
Chiané Visagie en FG Mulder is in die D2-atletiekspan opgeneem. Dié twee top atlete het uitstekend gevaar tydens die Gauteng Atletiek Kampioenskappe. Chiané het 'n 3de plek in verspring behaal en FG 'n 6de plek in spiesgooi.
Die Junior Victrix Ludorum is Liesl Pio en die Junior Victor Ludorum is Dean Nell. Chiané Visagie is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en JP Nel as die Senior Victor Ludorum. Ethan van Wyk en Nicola van der Merwe het die beste individuele prestasies ontvang. Beide die leerders het uitsonderlik by die hoogspringitem presteer.
2019 Prestasies
Ethan van Wyk (0/14) en Nicola van der Merwe (0/16) het beide uitsonderlik in die hoogspringitem presteer. Dié twee leerders het die bekers vir die beste individuele prestasie ontvang.
Die Junior Victrix Ludorum is Liesl Pio (0/15) en die Junior Victor Ludorum is Ethan van Wyk (0/14). Chiané Visagie (0/16) is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Dino Kirsten (0/16) as die Senior Victor Ludorum.
2018 Prestasies
Chiané Visagie is in die D2-atletiekspan opgeneem. Die item waarin sy uitmuntend presteer is driesprong.
Die twee leerders wat vanjaar die bekers vir die beste individuele prestasie ontvang het, is Brandon Badenhorst (0/16) en Nicola van der Merwe (0/15). Beide die leerders het uitsonderlik presteer by die hoogspringitem.
Die Junior Victrix Ludorum is Chiané Visagie (0/15) en die Junior Victor Ludorum is Johan Peyper (0/15). Danielle Malan (0/19) is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Gerhard Vorster (0/19) as die Senior Victor Ludorum.
2017 Prestasies
Chanelle Engelbrecht en Marthie Venter in is die D2-atletiekspan opgeneem.
2016 Prestasies
Daemian Breedt en Monique Crafford is in die D2-atletiekspan opgeneem.
2015 Prestasies
Daemian Breedt, een van ons graad 10-leerders, het gedurende 2015 ‘n 1ste plek behaal in die 400m, met ‘n tyd van 51.73, tydens die D2-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Noordheuwel. Daemain het ook tydens die Gauteng kampioenskappe in die 400m deelgeneem en ‘n 5de plek in die Gauteng-klubs behaal.