Kultuur
Ons het 11 kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem – ‘n hele skatkis vol. Die 11 aktiwiteite is: individuele - en spanredenaars, individual and group public speaking, toneel, drama, pom-poms, musiekblyspel, groentjiekonsert, dansgroepe en spreekkoor.

In 2019 was Hoërskool Riebeeckrand 9de op die Top 10 van die NEA. Devonique Breedt, ‘n trotse Riebeeckrander, was 2de op die Top 10 van die NEA, asook die algehele wenner van RACA se spraak en drama afdeling.