Hokkie
Riebeeckrand het een seunshokkiespan en 5 dogtershokkiespanne. Riebeeckrand bied ook jaarliks ‘n Laerskole hokkietoernooi aan waar honderde laerskoolhokkiedogters en -seuns op Riebeeckrand se velde teen mekaar wedstryde speel en verfynde hokkietegnieke aanleer. Angelique Groenewald is in ‘n nasionale span opgeneem en het na Nederland en België getoer. Nog drie spelers is in die Dream Team opgeneem na afloop van ‘n hokkietoer waaraan hulle deelgeneem het. Een van ons afrigters, me. Letsie Grobler, was al verskeie kere die afrigter van ‘n Suid-Gauteng-hokkiespan.

1ste-dogtershokkiespan 2021
Cayle Nel (kaptein), Kristen Wahl (onder kaptein), Ansuné Reynolds, Caitlyn Kruger, Carli Rall, Caylin Grobler, Denel Fouche, Judy van Wyk, Karla Henning, Lizzie West, Lorraine Engelbrecht, Mekaylla Janse van Vuuren, Riana Bester en Q'Raine Nel.

Afrigters: Mee. Letsie Grobler & Livia du Plooy.
Organiseerder: Me. Letsie Grobler.
Riebeeckrand se 1ste-dogtershokkiespan word met trots geborg deur MTN – Tambotie Mall.

MTN

1ste-seunshokkiespan 2021
Diwani Stevens (kaptein), Nicholas November (onder kaptein), Atlothleng Ditsheko, Cayleb Stellenberg, Devan Smit, Ethan Dreyer, Gianni de Lange, Khaya Ngqebo, Khumo Aitsile, Phenyo Ditsheko, Serdar Argras, Tshiamo Mazibe en Unicus van Wyk.

Afrigters: Me. Maryka Willemse en Me. Chereve Viljoen.
Organiseerder: Me. Letsie Grobler.

2020 & 2021 Prestasies
Weens Covid-19 kon die nodige proewe nie gespeel word nie.

2019 Prestasies
Brandon Koen is in die 0/18 D2/D12-hokkie oefengroep opgeneem.

D2D12 hokkie oefengroep 2019 2

Leruscka de Villiers is in die 0/18 D2/D12-hokkiespan opgeneem. Leruscka het ook deurgedring om aan die Suid-Gauteng proewe deel te neem.

 D2D12 hokkiespan 2019

Uit 250 dogters is 5 van ons hokkiedogters, Carle Thysse, Bernadine van der Merwe, Leruscka de Villier, Shamoney Clarke en Amone Erasmus, in die Dream Team opgeneem om aan die einde van die jaar na België te toer.

Hokkie toerspan 2019

2018 Prestasies
Owethu Bobo is vir die tweede agtereenvolgende jaar in die D2/12 hokkiespan opgeneem.

Owethu hokkie 2018

2017 Prestasies
Owethu Bobo is in die 0/14 D2-hokkiespan opgeneem.

Angelique Groenewald is in die Nasionale span opgeneem wat in Oktobermaand na Nederland en België gaan toer. Uit 800 spelers is slegs 16 spelers vir dié span gekies.

Hokkie Angelique

2016 Prestasies
Marina Wray en Aobakwe Madonsela is in die D2- / D12-hokkiespan opgeneem. Aobakwe Madonsela is ook gekies vir die 0/14 Suid-Gauteng hokkiespan.