Belangrike Covid-19 nuus

3 Riebeeckranders deel van JOMO-netbalspan

Hoërskool Riebeeckrand is bekend vir hul top netbalprestasies. Vanjaar vaar ons spanne wéér uitstekend, en behaal ons netbaldogters ook individueel hoë hoogtes met hul netbaltalente. 9 Riebeeckrand-netbaldogters is in die D2-netbalspan opgeneem waarvan 3 dogters verder deurgedring het, en nou deel vorm van die JOMO-span. Dié 3 dogters, Amokelang Mosidi, Jannike Fourie en Devonique Breedt, neem op 27 April aan die Gauteng proewe deel. Die Riebeeckrand-familie hou vir hulle stuif duim vas en weet dit sal goed gaan met die proewe.

Die dogters wat in die D2-netbalspan opgeneem is, is: Orefile Mpadisang (0/14), Amokelang Mosidi (0/14), Onthatile Modise (0/14), Ntombi madlazi (0/15), Jannike Fourie (0/16), Kaela Smuts (0/16), Nonhlanhla Phephu (0/16), Devonique Breedt (0/17) en Elisma Pio (0/18).

JOMO 2020

Riebeeckrand gesels in Engels Public Speaking 2020

Hoërskool Riebeeckrand is al oor baie jare bekend vir hul uitstekende Public Speaking-prestasies. Op 2 en 4 Maart het die jaarlikse interne public speaking kompetisie plaasgevind. Daar was geen voorgekrewe temas nie, en kon die leerders se praatjies oor enige onderwerp handel.

Die leerders het die beoordelaars beïndruk met hul uitstekende redenaarstalent en selfvertroue. Die top 3 wenners van die interne public speaking kompetisie is soos volg:
Juniors: Dryton Barnard (1ste), Christiano da Corte (2de) en Boipelo Matsimele (3de). Seniors: Devonique Breedt (1ste), Werner Gabriël (2de) en Ivana Strydom en Thulani Mainguele (gesamentlik 3de).

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op al die leerders wat aan die interne public speaking kompetisie deelgeneem het. Riebeeckrand wens al hul public speaking teams sterkte toe met die kompetisies waaraan hul, deur die loop van die jaar, gaan deelneem.

Riebeeckrand gee erkenning

Op 6 Februarie het die akademiese prysuitdeling plaasgevind waartydens leerders erkenning ontvang het vir hul harde werk gedurende 2019. Leerders wat in 2019 in gr.8 -11 was het sertifikate, balkies, erekleure en trofeë ontvang as beloning vir hul harde werk. Die grade se Akademiese Top 10 is ook tydens die spog geleentheid aangekondig.

Die top 1-leerder van elke graag is: Zandri du Plessie, gr.8, met ‘n gemiddel van 91%, Inhle Gumpo, gr.9, ‘n gemiddel van 86,78%, Marizane Stoltz, gr.10, ‘n gemiddel van 83,63% en Wjanik Beneke, gr.11, ‘n gemiddel van 80.43%. Devonique Breedt het die grootste toekenning van die aand ontvang. Sy is aangewys as die veelsydigste leerder van gr.8 – 11.

Riebeeckrand se hoof en personeel is onsettend trots op al die leerders – voluit vir Riebeeckrand!

Akademiese prysuitdeling 2020

Devonique Breedt, veelsydigste leerder.